couple wearing silver-colored rings

Jy word hartlik uitgenooi na die bruilofsfees van

Dawid en Kyla

Ons paaie het mekaar op ’n besonderse manier gekruis. Wat begin het as gewone kuier en gesels, het stadig maar seker gegroei tot iets baie meer betekenisvol. Só het ons mekaar gevind, sonder om te weet hoe groot rol ons in mekaar se lewens sou speel.

Van die heel eerste oomblik af was daar dadelik ’n sterk aantrokkenheid tussen ons. Toe ek Dawid die eerste keer sien, het ek vir my vriendin gesê: “Dit is die man met wie ek eendag gaan trou.” En nou ń paar jaar later gaan dit ń realiteit word…

Ons stap al ’n lang pad saam. Met tyd het ons mekaar werklik leer ken — nie net in die mooi en maklike oomblikke nie, maar ook in die uitdagings en die moeilike tye. Die pad was nie altyd maklik nie, maar so het ons altyd dinge uit gewerk deur om te luister, te groei saam en mekaar altyd in die middel te ontmoet.

Die liedjie, “Teenage Dream” deur Katy Perry, was nog van die begin af ONS liedjie, dit herinner ons daaraan dat ware liefde jou weer lig, vry en vol hoop laat voel — soos om elke dag opnuut verlief te raak. Dit simboliseer die vreugde, opgewondenheid en die onskuldige geluk wat ons in mekaar vind, selfs nadat ons reeds soveel saam beleef het.

Deur alles het ons geleer dat liefde nie net oor geluk gaan nie, maar oor toewyding, begrip en volharding. Vandag staan ons hier met dankbaarheid vir die pad wat ons reeds gestap het, en met opgewondenheid en hoop vir alles wat nog voorlê — hand aan hand, saam.

ONS BELOOF ONS LIEFDE

19 September 2026

Kom geniet die dag saam met ons!

#viraltydViviers

“Twee lewens, twee harte, twee siele word een”

H A R T S W A T E R

The Venue

Fyner Detail

TYD

Gaste word vanaf 15:30 verwelkom.

Seremonie begin om 16:00.

RSVP DATUM

25 Julie 2026.

KLEREDRAG

Formeel.

Ligte kleure byvoorbeeld pastel pienk, blou, pers, geel, groen, oranje, ens.

DRANKIES

Kontantkroeg. Kaartfasiliteite is beskikbaar.

ADDISIONELE GASTE

Metgeselle slegs per uitnodiging.

Ongelukkig geen kinders nie.

GESKENKWENS

Ons nessie is reeds geveer, maar ‘n geldjie sal ons eerder waardeer!

VERLOOP VAN DIE DAG

16:00 Huwelikseremonie

17:00 Foto's & Canapés

18:00 Gevolg/Bruidspaar ingang

18:15 Dansbaan open

18:30 Formaliteite

19:30 Koek sny

19:45 Feesmaal

21:00 Partytjie-tyd

LIEFDES LENS

Liefde vasgevang in elke glimlag, elke danspas en elke kosbare oomblik. Deel asseblief julle spesiale herinneringe met ons deur julle foto's en video's op te laai via die skakel hieronder.

Hoop ons sien jou daar!